OP Donderdag 18 Augustus om 20:00 kuier Anna Davel in die Paarl Sy gaan by die Ou Meul-teater ’n program van gunstelingmusiek uit haar repertoire die afgelope tien jaar, asook verskeie nuwe komposisies lewer.
Saam met haar op die verhoog is die talentvolle klavierspeler, Ramon Alexander.
Anna se eerste album is vrygestel in 2000 en tien jaar later sing sy nog steeds die land aan die brand.
Daar was reeds ses album-vrystellings en sy is in 2010 vir ’n vierde keer genomineer vir ’n SAMA-toekenning.
Daar word tans fluks geskryf aan ’n nuwe album en die gehoor kan uitsien na kraakvars liedjies wat vir die eerste keer gehoor kan word.
Natuurlik sal daar ook ’n paar ou gunstelinge deel maak van die program soos Die gypsy in jou oë en As jou hart reg klop.
Sy sal ook liedjies sing van haar CD Linger Longer, wat bestaan uit Jazz Swing musiek soos voorheen opgeneem deur Frank Sinatra, Nat King Cole en meer.
Kaartjies is R80 per persoon en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083 564 0056 of stuur ’n epos na vicky@oumeulteat er.co.za.