Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Voorgeskrewe werk opgevoer

Voorgeskrewe werk opgevoer
 
2011-08-18


DIE voorgeskrewe toneelstuk vir matriekleerders, Mis deur Reza de Wet, sal op 22, 23 en 24 Augustus om 17:00 en 19:30 by Hoërskool Gimnasium opgevoer word.

Die rolverdeling bestaan uit Geon Nel, Lulu Botha, Stephanie Hough en Vicky Stemmet met regie deur Gaerin Hauptfleisch.

Die gebeure speel af om ’n kombuistafel waar drie vroue elkeen haar eie vrees probeer besweer.

Gaan daar weer dié jaar, soos die vorige jare, ’n meisie in haar spierwit aannemingsrok verdwyn? Die vroue is benoud, maar glo dat die dominee en ouderlinge wat heelnag bid die onheil sal besweer.

Skielik is daar ’n klop aan die deur. Dit is ’n onbekende, blinde konstabel wat aanvoer dat hy ’n ogie oor hulle kom hou.

Sal die konstabel hulle kan beskerm teen die boosheid van die nag?

Die kostes is R40 per persoon vir groepe van 20 of meer.

Bespreek by Vicky Stemmet by 083 564 0056 of stuur ’n epos na vicky@oumeulteat er.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za