Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoe ’n man se kop werk

Hoe ’n man se kop werk
 
2011-08-18


ALTUS THEART tree op 20 Augustus om 20:00 by die Wynvlieg-kelderteater op in die skreeusnaakse eenman-komedie, Hoe ’n man se kop werk.

Hy speel die rol van Bobby in dié produksie wat al staande toejuigings ontvang het ná uitverkoopte vertonings in 2010 by die KKNK, Volksbladfees, Innibos en Aardklop.

Hoe ’n man se kop werk is vol humor terwyl die gehoor saam met Bobby ’n emosionele reis deur die binnewerkinge van sy brein neem.

Al is dit ’n eenmanvertoning, voel dit nie so nadat jy kennis maak met al die ander karakters nie. Bobby het nie grootgeword tussen vroue nie, maar tussen ’n klomp obskure mansfigure wat as rolmodelle almal ’n invloed op sy lewe gehad het en wat sy persepsie oor verhoudings en vroue help vorm het.

Twee weke gelede het Bobby se verloofde haar gewip en gewaai nadat hy gesê het hy het “space” nodig. Sy het gesê hy mag haar nie kontak nie, sy sal hóm bel wanneer die twee weke verby is.

In sy soeke na waar hy drooggemaak het, besef hy haar kat se naam is ’n metafoor van wat sy in hulle verhouding wil hê, maar hy kan om die dood nie die kat se naam onthou nie.

Hy moes na Vinnige Freddie geluister het: los haar voor sy jou los. Die tyd raak min en hy weet nog steeds nie wat dit is wat sy wil hê nie.

Na komiese dermkrappery is hy heelwat wyser. Hopelik is dit nie te laat nie.

Die teks is ’n vertaling van die “solo play”, The Male Intellect – an oxymoron? deur Robert Dubac. Elzette Maarschalk het die regie en vertaling behartig.

Altus het gewild geraak vir sy rolle Werner ‘Killer’ Botha in die flieks Bakgat en Bakgat 2, Henk Landman in Kruispad en Fafa Beltrami in die Getroud Met Rugby-reekse. Hy was onlangs ook te sien in die films Roepman en Superhelde en in Deon Opperman se nuwe musiekblyspel Tree Aan by die Staatsteater.

Kaartjies teen R100 per persoon kan bespreek word by 021 862 6190.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za