AS gewese aanbieder van die program Gesinsfokus by Radio KC vir meer as ses jaar, stem ek saam met “Ontevrede” .
Ek het deur die jare ’n program van goeie gehalte aangebied en baie boodskappe van dank ontvang vir my program wat die gemeenskap met raad en daad bedien het.
Hoeveel huwelike het nie gebaat by my program nie?
Radio KC moet skoonmaak, en hulle moet begin by hul gesindheid teenoor omroepers.
Nou word daar gesę hulle soek jong bloed, maar wie het die stasie gebring waar hy is?
Dirkie van Schalkwyk