Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Spanne spook vir posisies in klubrugby

Spanne spook vir posisies in klubrugby
 
2011-08-25


VIOLETS WIL BORDJIES VERHANG

DIE eerste rugbyspan van Violets speel hierdie naweek teen Young Standards op die Daljosafat-sportvelde. Dié klub, wat tans derde lê op die punteleer, hervat sy verpligtinge na ’n breek van twee weke.

Lower Paarl (Blues) en Vineyards is onderskeidelik eerste en tweede wat ligapunte betref.

Vir Violets lê daar harde werk voor as hulle enigsins die liga wil wen of selfs tweede wil eindig. Die span moet nog teen Young Gardens, Lower Paarl en Simondium speel ná hierdie naweek.

Violets se tweede span staan ook ’n goeie kans om die liga vir die eerste keer te wen.

Hulle lê tans tweede met 1 punt agter Allandale, maar met vier wedstryde oor gaan dit harde werk verg. Hulle wedstryd begin om 14:45.

) NEWTON TEEN ADELAARS

Villagers Newton hervat Saterdag hul ligaverpligtinge in ’n wegwedstryd teen Adelaars op Wellington. Newton is tans tweede op die punteleer nadat hulle vir Temperance van Gouda geklop het.

Villagers se voor- en agterspelers kombineer baie goed en het te veel skietgoed vir die besoekers gehad. Uitblinkers was Hilton Rubein (speler van die wedstryd), Ricardo Fortuin en Destino Didloft. Puntemakers was Bjorn Hollenbach (2 drieë) en Riaan Solomon (2 strafdoele). Solomon het ook sy agterlyn goed weggestuur.

) HILLCREST OP DIE WENPAD

Met nog twee wedstryde oor staan Hillcrest nog ’n kans om die top 8 uitspeelwedstryde te haal.

Ná twee puik wedstryde is die momentum daar soos die afgelope naweek toe Vredenburg gestoomroller is en met 57-13 verslaan is. Manne wat uitgestaan het, was Emile Booysen, Jeremy Solomons, Lesley Gertse en Randall Rudolph. Hulle volgende wedstryd is Saterdag teen Langebaan waarna die laaste wedstryd tuis gespeel sal word teen Piketberg op 3 September. Die busse vertrek Saterdag om 11:00 vanaf Mannies.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za