Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses swoeg vir gelykop-uitslag

Roses swoeg vir gelykop-uitslag
 
2011-08-25


DIE eerste rugbyspan van Roses United moes verlede Saterdag hard swoeg om met 25-25 gelykop te speel teen Saldanha.

Dié wedstryd is in winderige toestande op Saldanhabaai beslis.

Ten spyte van die gelykop-uitslag beklee die Rose nog steeds die eerste posisie op die Boland-rugbyunie Premierliga-punteleer met 67 punte met nog twee wedstryde oor.

Sy naaste teenstander, Wesbank, het 64 punte met nog een wedstryd om te speel.

Die tuisspan het die wedstryd op ’n hoë noot begin met twee vinnige drieë.

Roses, wat in die eerste helfte saam met die wind gepeel het, het egter lank gevat om hulle ritme te vind. Boonop is die Rose ook ernstig ontwrig met vyf sleutelspelers (Alex Kock, Alistair Kettledas, Goodman Moses, Jacquin Jansen en Wayne Matthee) wat die veld gedurende die eerste helfte met ernstige beserings verlaat het.

Veral Jansen en Kettledas het die paar minute wat hulle op die veld was, baie goed gespeel. Die twee drieë van Roses in die eerste helfte het juis gekom na skitterende agterlynspel van veral Jansen en Kettledas.

Ná rustyd het die Wellingtonners se voorspelers gaandeweg die oorhand begin kry. Hier was dit veral Ignatio Korabie (slot) en Jerry Sefoko (agsteman) wat uitgetroon het met uithalerspel.

Hulle is ook goed bygestaan deur Jacquin Ruthford wat Goodman Moses vroeg in die eerste helfte vervang het op slot.

Vir die besoekers het Jansen, Matthee, Sefoko en Justin Morgan elk ’n drie gedruk. Neville Adams was suksesvol met ’n doel- en strafskop.

Roses United se tweede span het hulle wedstryd ook naelskraap met 12-10 gewen ná ’n drie diep in beseringstyd. Met dié sege het hulle verseker dat hulle in die binnebaan is om die Premierliga-kompetisie vir tweede spanne te wen.

Die Rose pak eerskomende naweek die span van CPUT-Wellington op Pelikaanpark in hul uitgestelde derby-wedstryd. Vir Roses is dit van kardinale belang dat hulle die derby-wedstryd wen om sodoende die Premierliga-titel reeds Saterdag te verower.

Die manne van CPUT-Wellington gaan Saterdag groot eise stel aan Roses wat sonder vyf van sy gereelde eerste spanspelers sal moet klaarkom as gevolg van o.21 provinsiale verpligtinge.

Die hoofwedstryd begin om 16:00 en die hekke maak reeds om 12:00 oop.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za