Groendal rook pyp in rugby
2011-08-25
ALHOEWEL die o.19A-rugbyspan van Groendal Sekondêr (GS) vir Kylemore Sekondêr (KS) Saterdag op die Franschhoek Hoërskool se veld met 26-12 geklop het, het die twee skole in hul derby-stryd (alle sportkodes) gelykop geëindig. Groendal het die skaak-, o.19- sokker en o.19-rugbytrofeë verower met Kylemore wat die o.19-netbal- trofee verower het. Die puntestand na afloop van die derby het met 16-elk gelykop geëindig. Uitslae: seuns o.15-sokker - KS wen 5-2, meisiesokker KS wen 5-0, o.19-sokker o.19-seuns GD wen 4-1. Skaak: DG wen 7-1. Vlugbalseuns: KS wen 2-0, meisies KS wen 2-0.Netbal: o.14B GD wen 11-3, o.14A GS wen 10-6, o.16B KS wen 8-4, o.16A GS wen 17-8, o.19A KS wen 16-10. Rugby: o.14A KS wen 7-5, o.15A KS wen 7-3, o.19B GS wen 9-3, o.16A GS wen 15-7 en o.19A GS wen 26-12.
More
News
|