Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Labori maak skoonskip

Labori maak skoonskip
 
2011-08-25


OMTRENT al die sportspanne van Hoërskool Labori het vir die tweede agtereenvolgende jaar in die interskolekragmeting teen Bosmansdam skoonskip gemaak. Dit is die 11de keer dat dié twee skole meeding.

Drie van Labori se eerste spanne het gewen en een het ’n gelykop-uitslag gehad.

Die o.19A-rugbyspan het dit reggekry om vir die tweede keer die afgelope 11 jaar ’n weg-interskole te kon wen. Dié span het ook ’n uitstekende seisoen gehad deur 11 van sy 14 wedstryde te wen.

Uitslae: Skaak - Labori 9 Bosmansdam 1, Landloop - Labori 44 Bosmansdam 16, Debat - Labori wen. Netbal: o.14A - Labori 8 Bosmansdam 26, o.14B - Labori 4 Bosmansdam9, o.16A - Labori 8 Bosmansdam10, o.16B - Labori 11 Bosmansdam13, o.16C Labori 6 Bosmansdam12, o.19A - Labori 22 Bosmansdam 21, o.19B - Labori 15 Bosmansdam19.

Hokkiemeisies: o.19A - Labori 3 Bosmansdam 0, o.19B Labori 5 Bosmansdam 0.

Seuns : o.19A - Labori 1 Bosmansdam 1, o.19B Labori 0 Bosmansdam 0.

Rugby: o.14A - Labori 27 Bosmansdam 0, o.15A - Labori 14 Bosmansdam 0, o.16A - Labori 14 Bosmansdam 0, o.19B - Labori 25 Bosmansdam 0, o.19A - Labori 25 Bosmansdam 24.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za