Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot skoonmaak op 'n Saterdag

Groot skoonmaak op 'n Saterdag
 
2011-08-25

Christine Siebrits

DIE skoonmaakprojek van die Lions en Korrektiewe Dienste maak ’n groot bydrae tot die netheid van Wellington.

Korrektiewe Dienste identifiseer en nomineer elke tweede week 15 mense wat gemeenskapswerk moet doen, wat dan die dorp Saterdae help opruim.

Aanvanklik het die Lions alle onkostes gedek, maar tans verskaf Drakenstein Munisipaliteit die swart sakke, handskoene en ook waterskoene.

Die bymekaarkomplek is die hoek van Champagne- en Retiefstraat, waar Korrektiewe Dienste die betrokke persone aflaai.

Onder toesig van die Lions en ook Korrektiewe Dienste word hulle in drie groepe verdeel. Die eerste groep beweeg dan in die rigting van Mbekweni, die tweede groep langs Blignautstraat af verby die industriële gebied tot in die plakkerskamp en die derde groep beweeg langs Distilleryweg, oor die stasiebrug en met Hoofstraat tot in Wellington.

Op hul roete maak hulle dan ongeveer 90 tot 100 swart sakke vol rommel wat langs die paaie gestrooi word.

Die werkers word ook van verversings (soos toebroodjies en koeldrank) voorsien.

Die Lions wil hul dank uitspreek aan almal wat in die verlede bygedra het en doen weer ’n beroep op welwillendes om bydraes te maak ten opsigte van verversings.

’n Toekomstige projek wat deur die Lions beoog word, is om ook rommel in Mbekweni op te tel. Die projek sal moontlik bekend staan as “Hamburger-per-sak”.

Hulle hoop om kinders aan te spoor om die rommel in hul omgewing op te tel en vir elke sakvol wat hulle bring, sal hulle eet- en drinkgoed kry.

Hierdie is deel van die opvoedingswerk waarby die Lions ook betrokke is. Vir hierdie projek word ook donasies benodig.

Kontak Retha Stigant by rethastigant @telkomsa.net of Chris Booysen by 083 455 5433.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za