DIE bekende Paarlse singende bloemis, Bernie, bied ’n aand met sop en wyn en lekker musiek aan by die Afrikaanse Taalmuseum op Vrydagaand 26 Augustus om 19:30.
Bernie het jare terug die Lied van Drakenstein geskryf. Almal is welkom om die aand saam te geniet.
Vir verdere navrae, skakel haar by 078 391 2243.