DIE ATKV Wellington bied ’n blommetoer aan na die Weskus op 3 September.
Die bus vertrek om 08:00 vanaf Laerskool Hugo Rust en die eerste stop is by die orgideeplaas by Darling met koffie en pannekoek.
Daarna vertrek hulle na Langebaan en maak ’n draai by Jacobsbaai. ’n Ete wag dan by Saldanha se Hoedjiesbaai Hotel.
Kaartjies is R170. Bespreek by Musiklood Paarl, Write Shoppe in Wellington of skakel Hentas by 083 309 7411 of Anita by 084 409 5438.