Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dameskring-konferensie in Paarl

Dameskring-konferensie in Paarl
 
2011-08-25


DIE Gebiedskonferensie van die Dameskring vind in September in die Paarl plaas, met die fokus op ’n trauma-ontlontingsprojek.

Die Dameskring is ’n kultuurorganisasie vir Afrikaanssprekende Christenvroue. Die organisasie word gekenmerk deur ’n buitengewone geborgenheid onder die lede.

Vergaderings vind maandeliks op vasgestelde tye plaas. ’n Nuusbrief-pakket, opgestel deur die uitvoerende bestuur en hoofkantoor, word vir hierdie vergaderings aan elke tak voorsien.

Tydens takvergaderings word aktuele onderwerpe aangespreek, sodat lede voortdurend toegerus word om daar waar hulle leef en werk, ’n verskil te maak in hul gemeenskappe en in die breër Suid-Afrika.

Elke tak van die Dameskring funksioneer binne riglyne soos bepaal deur ’n grondwet en reglement, maar het ook die vryheid om eie inisiatief aan die dag te lê.

Gebiedskonferensies vind tweejaarliks plaas, waar sake bespreek word en bekwame sprekers lede opnuut inspireer en om interafhanklik van mekaar te funksioneer.

Lede word toegerus om buite hul eie grense te dink en hulle word aangespoor tot die vrystelling van kreatiewe energie.

’n Damesberaad vind elke alternatiewe jaar plaas.

Die Dameskring ontvang erkenning en samewerking van baie ander kultuurorganisasies en neem deel, saam met ander rolspelers, aan projekte soos die Wêreldbiddag vir Vroue asook die Nasionale Vrouedag.

Alhoewel gesamentlike nasionale projekte jaarliks geïdentifiseer word, word takke aangemoedig om binne hul gemeenskappe unieke behoeftes aan te spreek. Die nasionale projek van die Dameskring hierdie jaar is ’n trauma-ontlontingsprojek wat deur die ACWW befonds word.

Wes-Kaap 2 se Gebiedskonferensie vind hierdie jaar plaas op Saterdag 3 September in die Paarl.

Opleiding vir die ACWW-projek sal ook op die geleentheid geskied. Enige belangstellendes is welkom om Elri Theron te kontak by 082 924 7816.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za