Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Adam by Wynvlieg Kelderteater

Adam by Wynvlieg Kelderteater
 
2011-08-25


OP Vrydag 26 Augustus om 20:00 tree die gewilde groep Adam op in die Wynvlieg Kelderteater by Boland-kelder (Paarl-Noord), saam met gaskunstenaar, die plaaslike musiekant Francois Louw.
Adam bestaan uit Hugo Ludik, Joe Foster en Reynardt Hugo (ook bekend as dr Tertius Jonker in Binnelanders). Hulle maak sedert die begin van vanjaar saam musiek en hul eerste CD “Adam” is beskikbaar. Hulle musiekvideo “Liefde Soldaat” kan gereeld op MK gesien word. Hulle is tans saam met Francois op toer in die Wes-Kaap. Kaartjies is R80 insluitend ’n wynproe. Etes is beskikbaar op bespreking. Kaartjies en etebesprekings kan gedoen word by 021 862 6190. Adam en Francois Louw tree ook op Saterdag 27 Augustus op by die Dorpstraat-teater op die Klapmuts/Stellenbosch roete. Besprekings hiervoor kan gedoen word by 021 889 9158




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za