Plaaslikes presteer met Pinotage
2011-09-01
PLAASLIKE wynmakers het uitstekend gevaar in die 2011 Absa Top 10 Pinotage-kompetisie, wat tydens ’n luisterryke noenmaal op Stellenbosch aangekondig is. Altesame vier van die tien uitblinkers is van die Paarl-streek. Jacques Wentzel van Welbedacht (Meerkat Pinotage 2009), Adele Dunbar en Anthony de Jager van Fairview (Primo 2009), Danie Marais en Francois van Niekerk van Windmeul (Windmeul Reserve 2010), en Johann Fourie van die KWV (The Mentor’s Pinotage 2009). Nog twee plaaslike wyne, KWV se Cathedral Cellar Pinotage en La Cave 2009 Pinotage, het die top 20 gehaal.
More
News
|