ONS land Suid-Afrika het u kom bevry, u het u toekoms aan ons gewy.
so ’n held soos u verdien al die eer,
met liefde, respek en soveel meer.
Lank sal die land oor u Mnr Mandela praat, want u stel geensins belang in enige verraad.
Vir 27 jaar was u lewe ontsier,
vir so lank het u alles verduur.
maar wraak was nooit eenkeer in u woordeboek
u het hier buite net vrede kom soek.
Hierdie goue jare van u is nog lank nie verby,want u word deur so baie mense beny.
’n Stukkie goud is gegee aan ons vaderland,vir al hierdie jare hou u nog steeds u woord gestand
U verjaarsdag sal ons altyd onthou en waardeer,
dis die beste manier om u te vereer.
Madelein Adams, Wellington