LANGS hierdie weg wil ek graag die onbedagsame padvark bedank wat my wit Polo op 3 Augustus ongeveer 15:15 op die parkeerplek by Paarl Mall aan Pick n Pay se kant gestamp het en doodeenvoudig weggery het.
Die skade aan my motor beloop slegs R1684.
Nogal min vir ’n pensionaris wat maar sy sente moet tel. Voorspoed vir jou en mag jy nog baie ander mense se motors beskadig.
Miskien is jou lisensie ook gekoop?
Philip Barnard