PASOP vir die mense wat jou by kitsbanke op Wellington voorlę.
Ek wou vasstel wat die saldo op my rekening is, toe ’n man my oortuig het dat ek my kaart moet gebruik, ondanks die feit dat die inligting op die skerm heeltemal verskil het van wat normaalweg op die skerm verskyn.
Ek het hom weggestuur en toe ek alleen was, het ek weer die kaart ingedruk en, sonder om geld te trek, gekyk wat die saldo is. Ek het my kaart daarna geneem en gery. Later die dag is al die geld uit my rekening getrek by ’n kitsbank in Mbekweni.
Die saak is aangemeld by die polisie en ek het aan die speurder wat die saak ondersoek, die man uitgewys uit foto’s wat aan my gewys is.
Die man is aangekla en sy saak is tot Oktober vanjaar uitgestel. Maar nou hoor ek die vent is nog steeds met sy dinge besig in Kerkstraat!
Johan
Wellington