Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Waar is nog grafte in Drakenstein-gebied?

Waar is nog grafte in Drakenstein-gebied?
 
2011-09-01


DIE Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika is lank reeds besig om alle grafstene in Suid-Afrika te fotografeer.

’n Paar honderdduisend is reeds op die Internet beskikbaar by www.eggsa.org.

Die grootste begraafplase in die Vallei, naamlik die Parys, die Strooidakkerk- en Noorder-Paarl-begraafplase in die Paarl en die Champagne-begraafplaas in Wellington, is reeds afgeneem en heelwat daarvan is al opgelaai op die betrokke webtuiste.

Die volgende plaaslike projek is om al die grafstene wat voorkom op plase en in private begraafplase te fotografeer.

Om dit te vermag, het ons die inwoners van die Vallei se samewerking nodig om ons in te lig waar hierdie begraafplase geleë is.

Dit sal ook baie help as eienaars van sodanige begraafplase vir ons by voorbaat sal aandui of dit vir ons as lede van die projekspanne toeganklik sal wees om daar besoek af te lê. Dit sal ons navorsing baie help.

Uiteraard sal daar van ons kant vooraf afsprake gemaak word met die eienaars of hul gevolmagtigdes.

Ek kan gekontak word by johann.claassen@telkomsa.net

Johann Claassen




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za