AS voormalige raadslid van Drakenstein Munisipaliteit wens ek my teleurstelling uit te spreek met die voorblad van 25 Augustus uitgawe van die Paarl Post.
Die persverklaring deur die burgemeester is deurtrek van onwaarhede en is baie misleidend.
Ek is ook geskok deur die spotprent waarin die burgemeester besem in die hand muise by die deur uitvee. Nou wonder ek of sommige mense gelyk gestel word aan knaagdiere? Magda Syfers