Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Radiostasie - Wat is tog in 'n naam?

Radiostasie - Wat is tog in 'n naam?
 
2011-09-01


JOU naam is deel van jou identiteit.

Die aankondiging dat die raad van Radio KC, op sy tyd een van die vooraanstaande gemeenskapsradiostasies in Suid-Afrika, die naam wil verander, het soos ’n veldbrand onder veral voormalige omroepers en personeel van die radiostasie versprei en die vraag op almal se lippe waarom nou?

Vanjaar is dit die tiende jaar dat die radiostasie met sy permanente lisensie uitsaai. In September vanjaar sal die stasie sy 15de bestaansjaar vier.

Soos ’n tiener is dit seker letterlik ook die geval dat die stasie deur ’n fase gaan en die naam dan nou wil verander. Watter impak sal dit op die stasie, die omroepers en die gemeenskap hê?

Die nadeel aan hierdie verandering is natuurlik dat KC ’n huisnaam geword het en die nuwe naam kan dalk nie so lekker op die tong klink nie.

As een wat die produksieproses al te goed verstaan, is die grootste nagmerrie al die “jingles, drops, promo’s” wat moet verander. Daar is ook kliënte wat adverteer - hoe gaan hulle die verandering ontvang?

Maar tog kan daar ook voordeel getrek word uit hierdie verandering. Die feit is dat die stasie nou 15 jaar oud is en al tien jaar met sy permanente lisensie uitsaai - dalk die gulde geleentheid om ’n naamsverandering te ondergaan.

Earl September




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za