Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Help tog bietjie by SARS

Help tog bietjie by SARS
 
2011-09-01


IN Trevor Manuel se tyd is die departement van finansies algemeen beskou as die staatsdepartement wat die beste funksioneer. Maar dit blyk nie meer so te wees nie.

Almal beskik nie oor toerusting om hulle belastingopgawes elektronies in te dien nie en ek weier ook as senior burger om vir dae in 地 tou te staan by SARS se kantoor. Daarom vra ons nog opgawevorms met duidelike instruksies aan.

Dit is egter nou die derde jaar dat verkeerde vorms (ook in Engels) aan my en my vrou gestuur word, met 地 ewige stryd om die korrektes te bekom.

Hierdie jaar is geen uitsondering nie en sover het my vrou darem haar vorm in Afrikaans gekry - helaas weer met verkeerde inligting.

Daar is ook 地 bewering op dat sy voorheen verklaar het dat sy nie 地 bankrekening in SA besit nie, met die dreigement van 地 R16 000 boete, sou dit vals wees. Ironies dat haar volle bankbesonderhede op die keersy gedruk is.

Skakel jy die hulplynnommer moet jy tot vervelens knoppies druk om uiteindelik te verneem dat navrae slegs in Engels beantwoord sal word.

Dit maak 地 mens bitter dat hul miskien nie die laaste sent sal kan wurg uit ons pensionaris-belastingbetalers wat ons lewe lank gewerk het, sodat ons op ons oudag nie afhanklik is van 地 staatstoelaag nie.

Dit terwyl ons belastingbetalergeld mildelik verkwis word deur onbevoegde vet-kat ministers en hulle trawante wat in weelde leef.

Philip Barnard




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za