Sportdagboek
2011-09-01
KRIEKET * Paarl-krieketklub se oefeninge vind tans plaas te Parys-sportvelde op Dinsdae en Donderdae vanaf 17:00. Alle huidige en nuwe spelers word versoek om die oefeninge by te woon met die oog op die nuwe seisoen asook vriendskaplike wedstryde teen Tygerberg en St Augustine’s. Die datum vir die klub se uitgestelde algemene jaarvergadering sal eersdaags bekend gemaak word. * Die SR Radiators Young Peoples-krieketklub se netoefeninge vind elke Dinsdag en Donderdag op die Dal plaas. Hulle bied op 2 September ’n hoenderbraai teen R50 per kop aan by die klubhuis op die Dal. Skakel vir G Rooks by 079 796 3336 vir meer inligting. * Die Bergrivier-krieketklub se oefeninge het reeds begin. Hulle oefen elke Dinsdag, Woensdag en Donderdag om 17:00. * Drakenstein Edu-krieketklub bied op 24 September die Chester Kuiler Ses-aan-’n-kant kriekettoernooi aan. Skakel vir Butch Green by 073 136 2713 of Henrico Samson by 084 016 6573 vir meer inligting. Dié klub oefen Dinsdae en Donderdae vanaf 16:30 tot 18:30 by Hoërskool Labori se krieketvelde. Nuwe lede is welkom. Vir navrae, skakel Butch Green (afrigter) by 073 136 2713 of Enver van Breda by 079 026 1274. * Ter voorbereiding van die nuwe 2011/2012 seisoen wag die McCarthy Toyota Wellington/CPUT-krieketklub tans aansoeke in van krieketspelers. Lindsay van der Berg is aangestel as die afrigter. Vir meer besonderhede, kontak Marius Groenewald by 082 976 1379. * Paarl-Oos-krieketklub se oefeninge is Maandae en Woensdae om 17:30. Hulle prysuitdeling is op 2 September om 19:00 by Stumps by Bolandpark-krieketstadion. Kaartjies kos R80. Skakel vir kapt Andrew Apollis by 021 862 5594 of 083 689 0017. of Elroy Abrahams by 078 223 8117. Dié klub speel ook op 17 en 18 September vriendskaplike wedstryde teen Kuilsrivier en Mitchell’s Plein. ) RUGBY * Villagers Newton het weer vir die Boland-rugbyunie se Top12 gekwalifiseer. Hulle speel Saterdag om 14:00 op hul tuisveld teen Paternoster in hul eerste Top12-wedstryd. * Die Boland-liga se kampioenskap semi-finale word Saterdag (13:00) op Dennegeur se velde by Franschhoek gespeel. Die spanne wat in die A-afdeling gaan speel, is Lanquedoc All Stars, Kayamandi, Dennegeur en Evergreens. In die B-afdeling is dit Soetendal, Dennegeur, Lions en All Stars. Die finaal in die reeks word volgende Saterdag om 13:00 by CPUT se velde op Wellington beslis. Die liga-finaal van die Boland-rugbysone word op 17 September op Boland-stadion tussen Lanquedoc All Stars en Kayamandi beslis. * Die algemene maandvergadering van die Paarl-rugbystreek word gehou op Woensdag 7 September by die AC Rottweiler raadsaal. Die jaarlikse Drakenstein AC Rottweiler sewe-aan-’n-kant-toernooi van 23 en 24 September asook die Paarl-streek se uitkloptoernooi word gefinaliseer. Alle streekklubs word versoek om by te woon. Die Paarl Rugby-streek ondersteun die ‘Mayoral Cup’ vir juniors en streekklubs word versoek om hul onderskeie bydraes tot die suksesvolle aanbieding daarvan te maak. Vir navrae, kontak sekretaris by 082 731 4879. * Evergreens RVK nooi alle oud-rugbyspelers na ’n “come together” op Saterdag 3 September te Evergreens Park met die oog op die derby. Vir meer besonderhede kontak, Japie van Rooyen by 078 8709 787 * Young Peoples se Club Bash kaartjies (R20) vir 2 September kan by lede van die klub gekry word of skakel vir Jerome by 083 402 0302. SMS Young Peoples RFC na 32715 om die klub te ondersteun. * Die Fish King Young Standards RFC se 120ste feesjaar sluit in ’n gholfdag op 11 September te Wellington Gholfklub, op 1 Oktober ’n feeswedstryd teen Retreat op Faurestraat-stadion, op 15 Oktober ’n feeswedstryd teen Vineyards op Nuweland (voorwedstryd vir die Curriebeker-wedstryd tussen WP en Pumas), op 22 Oktober ’n feesdans te Allandale Sportklub en op 29 Oktober ’n derby teen Young Gardens te Faurestaat-stadion. Vir navrae, skakel Kevin Benjamin by 082 731 4879. * Violets versoek al sy spelers en ondersteuners om die naweek se wedstryde op die Dal by te woon en ook om Violets Paarl te sms na 3715. Die klub se algemene vergaderings is Maandae by die Bethel-saal om 19:30. ) HENGEL Die Boland Kushengel Assosiasie (BKHA) bied op 11 en 12 September ’n hengelontwikkelingsnaweek by Struisbaai aan. Koste beloop R100-seniors en R30-juniors (nie BKHA-lede) en seniors-R50 en juniors-gratis (BKHA-lede). Vir meer inligting, kontak vir Marius Munnik by 082 772 1980. ) DOMINOES Drie klubs (Signall Hill, Nieuwe Zion en Merlé) neem tans deel aan die Simondium Domino-klubkampioenskappe. Wedstryde word Dinsdae vanaf 19:30 tot 21:30 gespeel. ) NETBAL * Die Paarl-netbalklub se oefeninge is op Maandae en Donderdae om 18:15 op die Zanddrift-bane. Belangstellendes kan Annelie Lucas by 083 377 2232 of Bennie Saayman by 083 462 6311 skakel. ) SOCCER * Paarl Soccer Club is celebrating its 50th anniversary. All life members, honorary life members and former members of the club are invited to join the celebrations. The club is in the process of establishing a special committee to facilitate the organising of these celebrations. Contact Lionel Matthee at 072 239 2181.
More
News
|