Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hillcrest delf diep

Hillcrest delf diep
 
2011-09-01


DIE afgelope naweek moes Hillcrest se eerste rugbyspan diep delf om as oorwinnaars uit die stryd te tree in hul wedstryd teen Langebaan. Die vissermanne het hard probeer om die blou trein te ontspoor met ’n baie ervare span, maar die jong manne van Hillcrest het geweier om te gaan lê en uiteindelik met 32-31 geseëvier.

Die ervaring van Conroy Gertse en sy skopvoet het gesorg dat die spyker finaal in die doodskis geslaan word toe hy in die laaste paar minute vir Langebaan stert tussen die bene huis toe stuur met ’n 50 meter strafskop.

Drieë is gedruk deur Conroy Gertse, Frederick Marang, André Andrews en Randall Rudolph. Ander uitblinkers was Percy Koopman, Adrian Swarts, Jerome Coetzee en Zandre Buys. Eerskomende Saterdag is dit Hillcrest (tuis) se laaste wedstryd teen Piketberg wat kan bepaal of hulle sal kwalifiseer vir die uitspeelwedstryde.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za