Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


En Dan is daar spiere

En Dan is daar spiere
 
2011-09-01

Sieb Sieberhagen

IN die amper ses jaar waarmee Dan Julies (23) van die Paarl al met liggaamsbou besig is, het daar al baie sweet gevloei, maar die kool is die sous werd, want vanjaar het hy met die Mnr Boland-titel weggestap.

Hy is Saterdagaand uit 30 deelnemers as Mnr Boland gekroon tydens die Boland-liggaamsboukompetisie.

Hy het koning gekraai in die ligswaar-afdeling vir senior mans en is ook aangewys as die beste uit al die deelnemers.

Hy is tans besig om hom voor te berei vir die SA kampioenskappe wat op 8 Oktober in die Paarl aangebied word.

Die liggaamsbou-gogga het vir Dan in 2005 gebyt toe hy by die Paarl Physical Gymnasium gesien het hoe die manne spiere bou. Daarvandaan het dit van krag tot krag gegaan en verwerf hy die SA o.21-titel in 2008. In sy loopbaan het hy reeds aan 12 kompetisies deelgeneem.

Vandag is Dan ’n voltydse instrukteur by die Virgin Active gimnasium in die Paarl waar hy daagliks sy spiere slyp.

Dié oudleerder van Noorder-Paarl Hoërskool spandeer elke dag minstens 45 minute aan ’n intensiewe oefenprogram.

“Met die SA’s om die draai sal ek nou twee keer per dag moet oefen. Ek is ook nog nie baie ernstig met my eetgewoontes nie - dis iets waaraan ek beslis nóú ook aandag moet gee,” sê hy.

Ses Paarliete is ingesluit in die Bolandspan wat op 7 en 8 Oktober in die Paarlse stadsaal aan die SA kampioenskappe gaan deelneem.

Hulle is Jerthro Erntzen (o.17), Crenston Daniels (o.21), Julies (seniors), Walter October, Douglas Green (meesters o.40) en Glen Arendse (meesters o.40). Vir meer inligting, kontak vir AC Adams by 071 178 0578.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za