DIE Paarl Blommeklub vergader Dinsdag 6 September om 19:00 in die NG Kerksaal te Denneburg, Paarl.
Hierdie maand se tema is, ‘Kersfees is om die Draai’. Demontrasies van versierings soos kranse en tafelversierings word deur Bessie van Zyl en Pieter Coetzee gedemonstreer.
Die ledekompetisie, ‘Min maar Mooi’, sal ook beoordeel word. Enige plantmateriaal kan hier gebruik word.
Besoekers en nuwe lede is baie welkom.
Skakel Fareda Essop by 021 862 2237 of Pieter Coetzee by 021 872 5171.