RUSOORD-OUETEHUIS hou hul jaarlikse Rolstoelpretdag op Saterdag 3 September vanaf 09:00.
Alle rolstoelgebondes kan aan die 2 km, 5 km, 7 km of 10 km rolstoelpretritte deelneem. Moeders met stootwaentjies kan ook aan die pretritte deelneem. Daar sal ook ’n 10 km pretstap wees. Die begin- en eindpunte is by Rusoord-ouetehuis. Inskrywingsfooi is R50. Skakel Anna-Marie by 021 872 1982.