Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


André Schwartz sing by Breytenbach

André Schwartz sing by Breytenbach
 
2011-09-01


DIE sanger André Schwartz tree op 2 September om 20:00 by die Bôrdienghuis-teater op.

Schwartz volg sy hoogsaangeskrewe optrede in die titelrol van “Phantom of the Opera” op met ’n “Swing and Big Band”-album wat sekerlik sal bydra tot hierdie gesoute kunstenaar se sukses.

“Ek is bitter opgewonde oor hierdie nuwe album,” sê André oor sy CD. “Dit was ongelooflik lekker om dit op te neem en te bou op als wat ek tot dusver in my loopbaan gedoen het.”

Fly me to the moon, Paper Moon, I’ve got you under my skin en Makin Whoopee is van die liedjies wat nou die unieke André-stempel het.

Vir André se eerste “Big band en Swing”-album het nog ’n Suid-Afrikaanse musiek ikoon, Graham Scott (dirigent, verwerker en regisseur) sy kundigheid getoon. Scott, bekend vir sy teatermeesterstukke en ongekende vermoë as musikale regisseur, help met die wêreldklasgevoel van die album. Kaartjies is R100 en kan bespreek word by Heinrich by 021 864 2574.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za