Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong man erg getakel binne kuier plek

Jong man erg getakel binne kuier plek
 
2011-09-01

Lise Beyers

VUISGEVEGTE in kroeë het die afgelope naweek ’n nuwe hoogtepunt bereik, toe ’n jong man met ernstige beserings in Paarl Hospitaal beland het.

Drewan Warwick (21), voorheen van die Paarl en nou woonagtig in Kaapstad, het Saterdagaand saam met vriende na EJ’s Pub in Noorder-Paarl gegaan. Híér het hy verskeie ou vriende ontmoet en het onder andere ’n jong vrou gesoen-groet.

Volgens ooggetuies het ’n man hierna onverwags vir Warwick bevlieg en grond toe gebring. Terwyl Warwick hulpeloos en byna bewusteloos op die vloer gelê het, het die jong man voortgegaan om hom genadeloos te skop en te slaan.

Warwick is deur vriende na die Paarl Hospitaal geneem waar hy vir ernstige gesigsbeserings behandel is.

Sy pa, Andy, het gesê dat hierdie soort gedrag onaanvaarbaar is.

“My seun is nie bakleierig nie en hy was net besig om in te haal met ou vriende. Die verdagte het nie eens ’n merkie op hom nie.

“Ek is vasbeslote om te sien dat hy voor die hof verskyn weens ’n ernstige saak van aanranding. Ons win ook regsadvies in om ’n siviele eis teen hom te maak.”

Volgens die polisie-binnekringe is kroeggevegte in die Paarl ’n algemene verskynsel. Hierdie gevegte vind veral plaas in gewilde kroeë in Hoofstraat.

“Daar is egter volgens die Drankwet wette in plek wat toelaat dat die polisie ’n perseel kan laat sluit as gevegte gereeld daar plaasvind. Maar dit realiseer nie, omdat hierdie gevalle van die hofrol gegooi word.”

Niemand is tot dusver in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, maar Paarl polisie ondersoek die saak verder.

* A young man was badly injured when attacked in a pub in Paarl.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za