SMS
2011-09-08
* Ondersoek Parke-afdeling asb, daar word items getrek by magasynstoor en word verkoop. DA-raad moet kyk wat daar aangaan. Bekommerd. * Simondium-kliniek: baie swak diens en onvriendelike werkers. Behandel pasiënte asb met nodige respek - is julle nie bly julle het ’n werk nie! * Ons sien uit na die groter biblioteek. Mag sommige van die jonger personeellede dan ook meer ingelig en vriendelik wees. Biblioteekgebruikers verdien diens. * Mnr smokkelhuis in Champagnestraat, Paarl, ek woon ’n paar honderd meter van jou, en jou lawaai en selfs jou kamma gospel vroeg Sondagoggende pla my, kry end. * Meneer, jy met die double cab silwer CJ bakkie wat so die prostitute optel op Sonstraalbrug/Denneboompad omgewing... Volgende keer plaas ek jou registrasie. * As jou visroker gesteel is. kontak my by 072 948 2629. Ek het inligting. * Vanaf 19 Mei gaan dit nie oor politiek, maar lewering van dienste en ontbloting van ANC se broertjies “Nepotisme en korrupsie" * Ek was onlangs by Game Paarl op die laaste dag van die weeklikse spesiale aanbiedings. Daar was sekere items wat reeds uitverkoop was, maar die personeel was baie behulpsaam en vriendelik om vir my soortgelyke artikels te kry teen dieselfde prys. Dankie.
More
News
|