VERLEDE jaar het die Munisipaliteit met groot geskal in ’n advertensie die publiek uitgenooi om nominasies te maak vir toekennings aan “Citizens of Drakenstein”.
Ek het iemand genomineer, maar nooit weer iets gehoor nie.
Toe ek onlangs bel om navraag te doen, het Anthony Sauls my ingelig dat te min nominasies ontvang is. Dus is die seremonie afgestel.
Is dit dan te veel moeite om diegene wat belanggestel het in te lig dat die gebeurtenis afgestel is? En wat van die vermorste advertensiekoste?
Teleurgesteld