GRAAG wil ek kommentaar lewer oor die ongeluk wat Woensdagoggend omstreeks 05:30 op die hoek van Lantana- en Poinsettiastraat gebeur het.
Ek wag elke oggend hier naby vir my vervoer, toe hierdie taxi-bussie teen 地 geweldige spoed (dubbeld die normale spoedgrens) oor die stopstraat by Bougainvillastraat gejaag het.
Die volgende oomblik het ek 地 geweldige slag gehoor en toe sien ek dat die taxi 地 voertuig getref het.
Ek het onmiddellik die polisie geskakel wat binne minute op die toneel was.
Ernstige beserings is opgedoen. Die ongeluk kon verhoed gewees het as daardie taxibestuurder gestop het en stadiger gery het.
Elke oggend sien ek hoe tot 95% van alle voertuie, en heelwat polisievoertuie, nie stop by daardie aansluiting nie.
Dit gaan nie lank wees nie of die kinders gaan raakgery word.
Wat ironies is, is dat 地 verkeerskonstabel beseer is in die ongeluk. Ek hoop die bestuurder van daardie taxi word gestraf, want 地 onskuldige man is beseer en sy arme kinders sal nie verstaan wat met hul vader gebeur het nie (sien berig p2).
Ooggetuie