Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Slapelose nagte

Slapelose nagte
 
2011-09-08


KAN die inwoners van Nederburg Hoogte, Paarl-Oos, vir eens besef dat hulle die reg op stilte het en dat harde musiek nie aanvaarbaar is nie?

Smokkelhuise veral in Champagnestraat, moet uitgeroei word. Hoekom moet ons geterroriseer word deur ’n smokkelhuis met harde musiek en geen ontsag vir ouer mense en mense met babas nie?

Kla jy by Paarl-Oos polisie, laat hulle jou verstaan dat op ’n Saterdagnag daar ernstiger klagtes is.

Op een Dinsdagnag het ons van 10:00 tot 02:00 die volgende dag gesukkel om Paarl-Oos polisie in hierdie straat te kry net om die geraas stil te kry.

Ek skryf juis hierdie brief laatnag omdat die geraas my uit my bed uit gejaag het.

Ek kan my nie voorstel hoe die direkte bure langs hierdie mense dit kan uithou nie.

Inwoners van Nederburg Heights, kom wend saam ’n poging aan om die stilte van 20 jaar gelede terug te eis, want die polisie help niks.

Siek-en-sat




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za