OP Dinsdag, 13 September, vergader lede van die Paarl Sakekamer om 19:00 by die Nedbank Ouditorium, Bredastraat.
Die spreker is Van Reenen Malan van Old Mutual oor “Die opbou van welvaart”.
Bespreek teen môre by info@paarlsakekamer.co.za. Toegang is gratis vir lede, vir nie-lede R50.