’n NETWERKGELEENTHEID vir oudstudente van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Natuurwetenskappe word op 28 September op Stellenbosch gehou, met dekaan prof Eugene Cloete as die spreker.
Die skemeronthaal, 18:30, word in die ontspanningsruimte voor die JC Smutsgebou (vanuit Banhoekweg), op die US kampus gehou.
Prof Cloete, ’n gerespekteerde mikrobioloog en uitvinder van die “teesakkie-waterfilter”, sal gesels oor die besigheidsbeginsels wat geleer kan word uit DNA.
Die netwerkgeleentheid is vir die versterking van professionele bande tussen alle oud-Maties wat voorgraads ‘n BSc-program in die Natuurwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch gevolg het.
Dis ook vir diegene wat nagraads in onder meer fisika, chemie, polimeerwetenskap, wiskunde, plant- en dierkunde, aardwetenskappe, mikrobiologie, fisiologiese wetenskappe, biochemie, toegepaste wiskunde of rekenaarwetenskap studeer het.
Toegang is gratis.
Registreer teen 20 September by alumni@sun.ac.za of 021 808 9265.