Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Internasionale kenners beoordeel Veritas

Internasionale kenners beoordeel Veritas
 
2011-09-08


NEGE gesiene internasionale beoordelaars het hulle aangesluit by die hoogs gekwalifiseerde Veritas-beoordelaarspan wat besig is om nagenoeg 1740 markklaar-wyne en brandewyne by die Nederburg Veilingkompleks te evalueer.

Sauvignon Blanc is bo-aan die lys van inskrywings met 205 wyne wat deelneem, gevolg deur Shiraz (196) en Cabernet Sauvignon (169). Die kategorie vir brandewyn wat verlede jaar vir die eerste keer by Veritas ingesluit is, het vanjaar 36 inskrywings gelok vanuit die geledere van standaard, oesjaar en potketel brandewyne.

“Die insluiting van internasionale professionele proeërs – vanjaar is daar agt wyn- en een brandewynkundige – dra by tot ’n onpartydige en internasionaal aanvaarbare uitkoms,” sê Duimpie Bayly, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging (SANWSV) wat jaarliks die Veritas-kompetisie organiseer.

“Die Veritas-beoordelingsmeganisme is bekend as een van die strengste in die bedryf en word deur plaaslike en internasionale rolspelers vertrou en erken.”

Entoesiaste sal tot 8 Oktober moet wag om te weet watter wyne en brandewyne vanjaar se begeerde Veritas-plakkers gaan dra.

Inligting oor publieke proegeleenthede van dubbelgoud- en goud medaljewenners wat landswyd aangebied word, is beskikbaar op die Veritas webwerf by www.veritas.co.za.

Vir meer inligting, kontak gerus vir Elsabé Ferreira by 021 807 3104 of epos elsabe@veritas.co.za.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za