Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportdagboek

Sportdagboek
 
2011-09-08


KRIEKET

* Bergrivier se krieketspelers word genooi na ’n vergadering vanaand om 19:30 by die klubhuis. Saterdag word ’n verwelkomingsfunksie vanaf 10:00 by die klubhuis gehou. Saterdag 17 September speel die klub sy eerste vrienskaplike wedstryd tuis teen Bishop Lavis CC. Oefeninge vind nog plaas soos geskeduleer.

* Paarl-krieketklub oefen Dinsdae, 13 en 20 September, vanaf 19:00 by Boland Park. Donderdae vind die oefeninge te Parys sportgronde plaas vanaf 17:00. Die algemene jaarvergadering vind plaas in die klubhuis Sondag 18 September om 15:00.

* Die SR Radiators Young Peoples-krieketklub se netoefeninge vind elke Dinsdag en Donderdag op die Dal plaas. Skakel G Rooks by 079 796 3336 vir inligting.

* Drakenstein Edu-krieketklub bied 24 September die Chester Kuiler Ses-aan-’n-kant kriekettoernooi aan. Skakel Butch Green by 073 136 2713 of Henrico Samson by 084 016 6573 vir inligting. Dié klub oefen Dinsdae en Donderdae vanaf 16:30 tot 18:30 by Hoërskool Labori se krieketvelde. Nuwe lede is welkom. Vir navrae, skakel Butch Green (afrigter) by 073 136 2713 of Enver van Breda by 079 026 1274.

* Ter voorbereiding van die nuwe 2011/2012 seisoen wag die McCarthy Toyota Wellington/CPUT-krieketklub aansoeke in van krieketspelers. Lindsay van der Berg is aangestel as nuwe afrigter. Vir besonderhede, kontak Marius Groenewald by 082 976 1379.

* Paarl-Oos-krieketklub se oefeninge is Maandae en Woensdae om 17:30. Hulle bied ook Sondag om 14:00 ’n krieketindaba by die klubhuis om die seisoen te beplan. Almal is welkom. Skakel Andrew Apollis by 021 862 5594 of 083 689 0017 of Elroy Abrahams by 078 223 8117. Dié klub speel op 17 en 18 September vriendskaplike wedstryde teen Kuilsrivier en Mitchell’s Plein.

) RUGBY

* Albions speel Saterdag teen Windmeul. Die bus vertrek om 12:00 van die ou Paarl-Oos polisiekantoor en daarna van Groenheuwel.

* Villagers Newton bied Saterdag ’n dans by 2Shots aan. Skakel Jannie Japtha by 078 147 3082.

* Young Peoples speel Saterdag weg teen Primrose. Die bus vertrek om 10:00 uit Groenheuwel. Springball-kaartjies sal van Maandag by die klub beskikbaar wees of kontak die bestuur.

* Die Boland-liga se kampioenskap-finaal word Saterdag om 13:00 by CPUT se velde op Wellington beslis. Die liga-finaal van die Boland-rugbysone word 17 September op Boland-stadion tussen Lanquedoc All Stars en Kayamandi beslis.

* Die Fish King Young Standards RFC se 120ste feesjaar sluit in ’n gholfdag Sondag te Wellington Gholfklub, op 1 Oktober ’n feeswedstryd teen Retreat op Faurestraat-stadion, op 15 Oktober ’n feeswedstryd teen Vineyards op Nuweland (voorwedstryd vir die Curriebeker-wedstryd tussen WP en Pumas), op 22 Oktober ’n feesdans te Allandale Sportklub en op 29 Oktober ’n derby teen Young Gardens te Faurestraat-stadion. Vir navrae, skakel Kevin Benjamin by 082 731 4879.

* Violets se algemene vergaderings word om 19:30 op Maandae by die Bethel-saal gehou. Die klub bied op 30 September ’n braai aan teen R40. Vir navrae, kontak Ashley Raubenheimer by 079 767 6046 of epos ajraubenheimer@gmail.com.

* Saterdag het Young Gardens ’n karaoke-aand na afloop van die wedstryd teen Riverstones onder die hoofpaviljoen by Dal Josafat-stadion. ’n Biertuin met hoender- en chips verkope teen R25 word aangebied.

) HENGEL

Die Boland Kushengel Assosiasie (BKHA) bied Saterdag en Sondag ’n hengelontwikkelingsnaweek by Struisbaai aan. Koste beloop R100-seniors en R30-juniors (nie BKHA-lede) en seniors-R50 en juniors-gratis (BKHA-lede). Kontak Marius Munnik by 082 772 1980.

) DOMINOES

Drie klubs (Signall Hill, Nieuwe Zion en Merlé) neem tans deel aan die Simondium Domino-klubkampioenskappe. Wedstryde word Dinsdae vanaf 19:30 tot 21:30 gespeel.

) GHOLF

Die Wellington DBV bied Vrydag 16 September ’n gholfdag met pryse aan by die Wellington-klub. Koste is R300 per speler. Belangstellendes kan Gerhard Visser skakel by 072 247 5272.

) HIKING

Die Delvera Full Moon Hike will be held on Sunday from the Dirtopia Trail Centre on the Delvera Farm on the R44 between Stellenbosch and Klapmuts. The cost is R50 per person and R20 for kids under 10. The starting time is at 16:00. Booking is essential at 021 884 4752 or info@dirtopia.co.za.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za