Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Violets wil nog blom

Violets wil nog blom
 
2011-09-08


DIE eerste rugbyspan van Violets het die naweek sy titel-aspirasies lewend gehou deur die span van Gardens ’n behoorlike rugbyles te gee. Violets het die kragmeting met 34-3 gewen.

Gardens teken vroeg reeds ’n strafskop aan om voor te loop, maar hierna neem Violets beheer oor die wedstryd oor en speel Gardens van hul voete af. Die wentelling sou baie hoër kon wees indien Violets sy kanse behoorlik benut het.

Die voorspelers van Violets het weer eens ’n barshou gespeel met die vaste vyf wat oorheers het in die skrums en vastelos. Hier moet melding gemaak word van die kaptein, Monrico Carolissen, wat ’n barshou gespeel het, tesame met Archie Masiza en Geraldo Cleophas. Hulle aanvoerwerk het veroorsaak dat die losvoorspelers kon baljaar, wat ook aan Tyrone Uren ’n drie besorg het.

Die voorspelers het gesorg dat Ashley Raubenheimer ’n flink diens aan sy losskakel Denovon Hoogaard kon bied wat op sy beurt sy snellers kon wegstuur.

Hier het veral die vleuels van Violets die oog gevang met goeie lopies. Die senterpaar van Sam Adons en William Hendricks het soos trojane ingeklim en hul eweknieë heeltemal oorskadu.

Vir Violets druk Norman Kermis (2), Aldino Brown, Uren en Mario Pheiffer drieë met Hoogaard wat slaag met ’n straf- en drie doelskoppe. Hoogaard is ook aangewys as die speler van die wedstryd.

Violets het hierdie naweek ’n loslootjie en speel op 17 September teen die Blues. Violets se tweede span wen 10-3 en die derde span wen 17-12. Met die span van Vineyards wat die afgelope naweek verloor het en Blues wat gewen het, lyk dit of Violets dalk tweede kan eindig. Die klub bied op 30 September ’n braai teen R40. Kontak Ashley Raubenheimer by 079 767 6046 of email hom by ajraubenheimer@gmail.com.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za