Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hillcrest klim na kruin

Hillcrest klim na kruin
 
2011-09-08


NIKS kon die “Blou Trein” van Hillcrest se eerste rugbyspan verhoed om na die top 8-wedstryde deur te dring nie nadat hulle ná ’n uitstekende tweede ronde net een keer aan die verloorkant was.

Die manne in blou het die naweek korte mette gemaak met Piketberg deur hulle met 32-22 te klop op Pelikaanpark en so verseker het dat hulle kwalifiseer vir die uitspeelwedstryde.

Hillcrest was deurgaans in beheer van die wedstryd met Adrian Swarts, Ricardo Festus, André Andrews en Adrian Adriaanse aan die spits.

Agter was dit Conroy Gertse, Leslie Gertse, Mario Jacobs en Lyle Nyman wat Piketberg op die agtervoet gehou het. Drieë is gedruk deur Emile Booysen (2), Frederick Marang en Adriaan Adriaanse.

Deur vyf ligapunte in te oes, eindig hulle in die derde plek in die Superliga Wes-afdeling. Nou is alle oë gerig op die premierliga.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za