Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Villagers verras Paternoster

Villagers verras Paternoster
 
2011-09-08


DIE eerste rugbyspan van Villagers Newton het Saterdag op hulle tuisveld vriend en vyand verras toe hulle die hoog aangeskrewe span van Paternoster met 17-12 geklop het.

Die manne van die Weskus het aan die begin die krane behoorlik oopgedraai en eerste gaan punte aanteken met ’n verdoelde drie.

Daarna het die tuisspan hulle reggeruk en ná volgehoue druk het Timothy Davids gaan druk.

Veral Villagers se skakelpaar en flanke was ’n doring in Paternoster se vlees.

Puntemakers was Davids (1 drie) en Riaan Solomons (1 drie). Solomons het ook met 2 doelskoppe en een strafdoel geslaag.

Saterdag het die Wellingtonners ’n loslootjie waarna hulle op 17 September die top 12-veldtog teen Voorberg van Porterville voortsit.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za