Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verkeersman erg beseer

Verkeersman erg beseer
 
2011-09-08


’n BEKENDE verkeersman van die Paarl lê in ’n ernstige toestand in Groote Schuur Hospitaal, ná ’n botsing met ’n minibus-taxi.

Style Julies was verlede Woensdag oggend om 05:30 oudergewoonte onderweg na sy werksplek in die Paarl, toe ’n minibus hom op die hoek van Lan-tana- en Poinsettiastraat getref het.

Volgens ’n ooggetuie wat die polisie geskakel het, het die minibus “teen ’n geweldige spoed by Poinsettiastraat afgejaag en oor ’n stopstraat gery sonder om te stop”.

Julies het twee gebreekte bene opgedoen, ’n gebreekte arm en inwendige beserings.

Hy was in ’n koma toe hy vanaf Paarl Hospitaal na Groote Schuur vervoer is.

Verkeershoof, Japie Cornelissen, het sy skok uitgespreek oor die voorval.

“Julies se beserings is baie ernstig.

“Hy het wel Dinsdagoggend sy oë weer oopgemaak.

“Ons bid vir sy spoedige genesing.”

Julies is veral bekend as puntdiens-aanwyser in die Paarl.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za