Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers kuier op wenstreep

Kavaliers kuier op wenstreep
 
2011-09-08


DIE Regent Boland Kavaliers het verlede Saterdag op Boland-stadion op ’n drafstap met Noord-Vrystaat se Griffons afgereken en daardeur verseker dat hulle na die top vier van die Curriebeker se eerste liga deurdring. Hulle het die wedstryd met 47-29 gewen.

Eerskomende naweek pak hulle die Valke en op 23 September is dit die OP Kings op Wellington, met die SWD Arende die week daarna in George.

Vir die Bolanders is die OP-wedstryd seker die belangrikste van die seisoen, want indien hulle wen, kan dit momentum beteken indien hulle in die eindstryd weer teen die OP Kings te staan gaan kom. Na alle waarskynlikheid gaan dit gebeur dat dié twee spanne in die eindstryd kragte gaan meet, want hulle beklee tans die boonste twee plekke op die punteleer.

Boland-ondersteuners word nou reeds deur die Boland-rugbyunie versoek om in hulle massas na Boland-stadion op te ruk en die Kavaliers te kom ondersteun.

Met lemoenvattyd was die Bolanders reeds met 34-17 voor. Vir die wynboere het Ligtoring Landman (slot) en Elgar Watts (losskakel) die aandag getrek met Landman wat twee keer agter die doellyn gaan kuier het en Watts wat ’n 100% slaagsyfer met 9 skoppe pale toe gehad het.

Eugene Butterworth (voorry) het ook goed vertoon en het op die aanval en verdediging uitgeblink.

Die driedrukkers vir die Boland was Landman (2), PJ Vermeulen, Cornal Hendricks en Elgar Watts. Watts het ook met 5 doelskoppe en 4 strafdoele geslaag.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za