Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Cultivaria skop af met kuberfiasko

Cultivaria skop af met kuberfiasko
 
2011-09-08

Lise Beyers

VRYDAG het die plaaslike kunstefees, Cultivaria, met vuur-en-vlam afgeskop toe hul kaartjieverkope amptelik geopen het.

Maar dit het egter vinnig in ’n reuse kuberruimte-fiasko ontaard.

Cultivaria het aan hul databasis van duisende mense ’n nuusbrief per epos uitgestuur om aan te kondig dat hul webwerf oop is vir besprekings vir vanjaar se fees, wat van 27 tot 30 Oktober plaasvind.

Maar iewers het die kuberruim-duiwel die oorhand gekry.

Veral met die aankondiging dat die fees nie meer in die dorp aangebied sal word nie, maar op Paarlberg, was die gort gaar.

Talle voormalige feesgangers het hul kommentaar hierop gelewer en hierdie honderde epos-reaksies is heen-en-weer teruggestuur aan die hele Cultivaria-databasis.

Diegene wat op hierdie databasis is, het dus heel naweek, dag en nag, onophoudelik eposse ontvang.

Lorene van Schalkwyk van die Paarl het gesę dat die eerste boodskappe omstreeks 20:00 op haar selfoon verskyn het.

“Teen middernag was daar meer as 100 hiervan. Ek is na my rekenaar toe om te probeer kop of stert uitmaak van wat aangaan. My rekenaar het gevries weens die hoeveelheid eposse wat daarop moes aflaai.

“Ek is net bly dat ek nie op daardie stadium besprekings wou doen nie. Dink net as ek my persoonlike kredietkaartbesonderhede hierop moes bekend maak.”

Nog ’n ontstigte feesganger is Hester de Kock van Wellington. Sy het gesę dat dit absolute chaos veroorsaak het.

“Toe ek kyk, het ek 197 boodskappe in verband met Cultivaria ontvang. Ek moet sę, van hulle was skreeusnaaks, maar ander boodskappe was baie vieslik.

“Dit lyk asof mense ongelukkig is dat die fees nou op die berg aangebied word en nie meer in die dorp nie.”

Een epos: “Dis rerig ’n jammerte – dit was altyd lekker om die hele dorp deur te kuier”, terwyl nog een lees, “Daar is sulke oulike plekke in die dorp!”

Linelle Kotze, Cultivaria-feesbestuurder, was Maandagoggend behoorlik voos van klagtes.

“Dis omtrent ’n gemors! Die eposse word deur ’n onafhanklik maatskappy uitgestuur en ons het nou ons kontrak met hulle beëindig,” het sy gesę.

“Dit was aan hulle kant waar die probleem gelę het. Ons verstaan nog nie heeltemal wat gebeur het nie, maar dit is nou gestop.”

“Van my kant af vra ek groot om verskoning. Daar is min dinge so irriterend soos eposse wat onophoudelik instroom.”




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za