DIE Breytenbach-sentrum op Wellington bied môre-aand om 20:00 Danie Niehaus met sy deurwinterde tenoorstem en ’n wêreldklas-vokale vermoë wat oor verskeie oktawe strek.
Sy album, La Romantica, is ’n musikale pallet waarop Danie meesleurende prentjies oor kleur, ritme, seisoene, tyd, drome en die liefde verf.
Saam met hierdie ontdekkingsreis van nuwe musiek en liriek, bring hy ook weer van die gewildste musiek uit sy eie pen en sing musiek uit verskillende genres wat wissel van ballades tot pop, rock en ligte-klassieke musiek.
Kaartjies vir dié vertoning is R90 per persoon en kan bespreek word by Heinrich by 082 812 1112 of by heinrich @heimat.co.za.