Liplekker bestanddele saamgeklits
2011-09-08
DIE produksie Geklits is môre en Saterdag om 20:00 op die planke by die Ou Meul-teater in die Paarl, met Stephanie Hough en Sophia Passerini. Net soos die klitser bestanddele uit die kombuiskas deurmekaar meng om ’n unieke dis op te lewer, word bekende, sowel as nuutgeskrewe gedigte, sketse en musiek in hierdie kabaret keurig saam vermeng om ’n liplekker-verhoogstuk op te dien. Vroue, hul voorliefde vir kos en mans (in geen spesifieke volgorde), sowel as fases van die lewe, hetsy ’n hoërskool “crush” of die nuutste maermaak-kuur - word in hierdie komiese, dog sentimentele kabaret herroep. Die manne kan ook naderstaan. Klavierbegeleiding is deur Jo-Marie van Deventer en tegniese versorging deur Gaerin Hauptfleish. Kaartjies is R110 en kan bespreek word by Vicky by 083 564 0056.
More
News
|