Leefstylkalender
2011-09-08
* Manne-aand. Vanaand om 19:00 hou die Paarl Round Table ’n Manne-aand met Peter Mitchell by Klein Parys Wynlandgoed in Jan van Riebeeckweg. Kaartjies (R100) sluit aandete in. Kontak Dorette by 079 508 7845. * Basaar. Die NGK Drakenstein bied Saterdag hul basaar (10:00) aan. Daar sal stalletjies wees met vars produkte, asook ’n teetuin en pret vir kleingoed. Môre-aand is daar ’n potjiekos- en braai-aand. *Workshop. A challenging work-shop demystifying success will be held at De Poort Coffee Shop on Saturday from 08:00 to 13:00. Tickets (R95) include breakfast and a workshop manual. Call Derick Williams 079 067 6075. * Diens. Die Drakenstein Leraarsforum, verskillende gemeentes in die munisipale gebied, nooi almal na hul inter-kerklike aanddiens Sondag om 18:00. Die aanddiens is te Charleston Hill Senior Sekondêr te Magnoliastraat, Paarl-Oos. Vir navrae, kontak voorsitter Vernon Jacobs by 073 6565 995 of sekretaris Nic Slabber by 083 2323 124. * Diabetes. Die Diabetesondersteuningsgroep kom Donderdag 15 September om 18:00 byeen by Medi-Clinic Paarl. Biokinetikus Sanja Murray praat oor hoe diabete moet oefen. Die aanbieding is gratis. Bespreek teen 13 September by Luzaan Bester by 021 807 8200. * Kindersorg Suid-Afrika (Paarl) hou hul algemene jaarvergadering Donderdag 15 September om 19:00 by die Drakenstein Bewaarskool in Mackierstraat. Almal is welkom. Inligting by 021 862 6182. * Trip. The church choir of the Church of Annunciation plans a trip to Hermanus and Caledon on 29 October. The bus leaves at 07:00 from the church and tickets cost R150 per person. Contact Ray Williams on 073 602 2095.
More
News
|