FAMSA Drakenstein en ADHASA nooi belangstellendes uit wat aandagtekort en/of hiperaktiwiteitsversteuring (AT/HV) in hulle gesin of gemeenskap ondervind, na ’n praatjie op 14 September (18:00 tot 20:30).
Die praatjie word aangebied by die Chevéveld-klubhuis, Meulstraat, Paarl, en die spreker is arbeidsterapeut Ray Anne Cook.
Sy is self gediagnoseer met AT/HV, asook haar 17-jarige seun. Sy is tans besig met ’n meestergraad oor sensoriese prosessering van kinders met AT/HV. Toegang is R120 en besprekings moet gedoen word by 021 872 2700 voor 12 September.