OP Wellington word Internasionale Fetale Alkohol Sindroomdag môre met verskeie verrigtinge gevier.
Departemente en organisasies werk vanjaar saam om die publiek bewus te maak van Fetale Alkoholsindroom (FAS), met verrigtinge wat vanaf 09:00 tot 12:00 op die CPUT-sportgronde aangebied word.
Die tema is “Celebrate Life”. Die boodskap wat hulle wil oordra, is dat FAS voorkombaar is, indien die moeder geen alkohol gedurende swangerskap drink nie.
Op Internasionale FAS-dag word klokke dwarsoor die węreld om 09:09 vir een minuut lank gelui om die fokus op FAS en die voorkoming van FAS te plaas. Bewusmaking fokus op die feit dat enige alkohol wat ’n swanger vrou gedurende die nege maande van swangerskap drink, skade aan die ongebore baba kan veroorsaak en dat hierdie skade nooit weggeneem of reggemaak kan word nie.