Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportdagboek

Sportdagboek
 
2011-09-15


KRIEKET

* Paarl-krieketklub oefen Dinsdag 20 September vanaf 19:00 by Boland Park. Donderdae vind die oefeninge te Parys-sportgronde plaas vanaf 17:00. Huidige en nuwe spelers word versoek om die oefeninge by te woon. Die verdaagde algemene jaarvergadering vind nie meer plaas in die klubhuis op Sondag 18 September om 15:00 nie, maar by STUMPS op Boland Park.

* Bergrivier speel Saterdag sy eerste vriendskaplike wedstryd tuis teen Bishop Lavis CC. Oefeninge vind nog plaas soos geskeduleer.

* Die Young Peoples SR Radiators-krieketklub vertrek môre na Port Elizabeth waar hul teen PE-krieketklub en Galvindale sal speel. Hulle oefen elke Dinsdag en Donderdag vanaf 17:00-19:00 op die Dal en nuwe lede is welkom. Kontak Harry vir verdere inligting by 083 956 3266.

* Drakenstein Edu-krieketklub bied op 24 September die Chester Kuiler Ses-aan-’n-kantkriekettoernooi aan. Skakel Butch Green by 073 136 2713 of Henrico Samson by 084 016 6573 vir inligting. Dié klub oefen Dinsdae en Donderdae vanaf 16:30 tot 18:30 by Hoërskool Labori se krieketvelde. Nuwe lede is welkom. Vir navrae, skakel Butch Green (afrigter) by 073 136 2713 of Enver van Breda by 079 026 1274.

* Ter voorbereiding van die nuwe 2011/2012 seisoen wag die McCarthy Toyota Wellington/CPUT-krieketklub aansoeke in van krieketspelers. Lindsay van der Berg is aangestel as nuwe afrigter. Vir besonderhede, kontak Marius Groenewald by 082 976 1379.

* Paarl-Oos-krieketklub se oefeninge is Maandae en Woensdae om 17:30. Nuwe spelers word uitgenooi om aan te sluit. Skakel Andrew Apollis by 021 862 5594 of 083 689 0017 of Elroy Abrahams by 078 223 8117. Dié klub speel op 18 September om 10:00 ’n vriendskaplike wedstryd teen Kuilsrivier op die New Orleans-velde.

) RUGBY

* Afrigters en voorsitters van alle Paarl klubs word versoek om Dinsdag 20 September by die Dal Josafat-stadion om 19:00 bymekaar te kom waar die samestelling van ’n gekombineerde Paarl-span wat op 22 Oktober teen ’n gekombineerde span van Wellington in die hoofwedstryd vir die Mayoral Cup op die Boland-stadion op Wellington speel. Verdere navrae, kontak 082 731 4879.

* Paarl-rugbyklub se algemene jaarvergadering word op Woensdag 28 September om 18:30 in die klubhuis gehou.

* Die liga-finaal van die Boland-rugbysone word op 17 September op die Newton rugbyveld tussen Lanquedoc All Stars en Kayamandi beslis.

* Die Fish King Young Standards RFC se 120ste feesjaar sluit ’n feeswedstryd teen Retreat op 1 Oktober op Faurestraat-stadion in, op 15 Oktober ’n feeswedstryd teen Vineyards op Nuweland (voorwedstryd vir die Curriebeker-wedstryd tussen WP en Pumas), op 22 Oktober ’n feesdans te Allandale Sportklub en op 29 Oktober ’n derby teen Young Gardens te Faurestraat-stadion. Vir navrae, skakel Kevin Benjamin by 082 731 4879.

* Violets se algemene vergaderings word om 19:30 op Maandae by die Bethel-saal gehou. Die klub bied op 30 September ’n braai aan teen R40. Vir navrae, kontak Ashley Raubenheimer by 079 767 6046 of epos ajraubenheimer@gmail.com.

* Riverstones se Old Boys’ vereniging bied op 14 Oktober (Vrydag) ’n piekniekdans in die gemeeskapsaal aan. Die koste is R70 met die Lit-a-limit orkes wat gaan optree. Oudlede word daaraan herinner om aan te sluit. Skakel Edmond Oupa by 078 102 0801 vir meer besonderhede.

) DOMINOES

Drie klubs (Signall Hill, Nieuwe Zion en Merlé) neem tans deel aan die Simondium Domino-klubkampioenskappe. Wedstryde word Dinsdae vanaf 19:30 tot 21:30 gespeel.

) LIGGAAMSBOU

Die SA Liggaamsboukampioenskappe word op 8 Oktober vanaf 19:00 in die Paarl stadsaal aangebied. Die toegang is R50 (volwassenes) en R20 (kinders) en kaartjies is by die deure beskikbaar.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za