Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses speel weer teen beste klubs

Roses speel weer teen beste klubs
 
2011-09-15


DIE eerste rugbyspan van Roses United pak eerskomende Saterdag die span van Tukkies in hulle eerste wedstryd by vanjaar se Nasionale Klubrugby-kampioenskappe op Stellenbosch. Roses het verlede jaar ook die Boland op dié kampioenskappe verteenwoordig.

Die wedstryd word op die Danie Craven-stadion gespeel en die afskoptyd is 13:30. Indien Roses vir Tukkies klop, pak hulle op Maandag (19 September), die wenner van die wedstryd tussen Maties en Middelburg. Hierdie wedstryd begin om 13:30. Indien die Rose vasval teen Tukkies, pak hy die verloorder van die Maties-Middelburg wedstryd op Maandag 19 September om 10:00.

Die Rose se “Club Champs Brag” vind vanaand plaas in die Flappie Lochner-saal by Boland-stadion. Die verrigtinge begin om 19:30. Daar is nog kaartjies (wat ’n driegangmaaltyd insluit) vir die geleentheid beskikbaar by John Appolis (083 497 5542).

Die spelers wat die klub op Stellenbosch gaan verteenwoordig, asook die reserwes, sal by hierdie geleentheid bekend gestel word en hulle toernooi-uitrusting ontvang van die onderskeie borge. Ondersteuners word aangemoedig om te kom deel in die opwinding van die Brag.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za