Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Riverstones rol oor Young Gardens

Riverstones rol oor Young Gardens
 
2011-09-15


DIE eerste rugbyspan van Riverstones het Saterdag op Dal Josafat-stadion daarin geslaag om ’n begeesterde Young Gardens-span met 26-15 te klop.

Dié sege volg op verlede week se oorwinning oor Vineyards.

Die skare is met skitterende hardlooprugby getrakteer en Riverstones se voorspelers was prominent in alle bewegings.

Hulle kon die wedstryd verder gewen het, maar as gevolg van swak afronding is gulde geleenthede verspeel.

Vir Riverstones het Yulin Claasen, Chris Mowers en Evan Kika (2) drieë gedruk, terwyl Gerswin Paulse met 3 doelskoppe geslaag het. Riverstones het hierdie komende naweek ’n loslootjie en vertrek Saterdagoggend 06:00 vanaf die Broadway Supermarket (Chicago) na Paternoster waar ’n spanbou-oefenkamp gehou sal word. Alle spelers is welkom. Vir navrae, kontak die Charles Paulse by 082 563 4416.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za